Wat is “Blou Lig”?

Blou lig word natuurlik deur die son, asook digitale toestelle, geproduseer. Hierdie skadelike lig skei aansienlik uit alledaagse digitale toestelle soos rekenaars, selfone en selfs jou televisie.

Matige blootstelling aan blou lig is voordelig gedurende die dag. Dit verhoog fokus, reaksietyd en jou gemoed, maar ‘n verhoodge dosis hiervan, veral snags, manipuleer die afskeiding van die melatonien hormoon in die liggaam. Melatonien reguleer jou slaappatroon en kan die afname daarvan lei tot ‘n gebrek aan slaap. Addisioneel lei slaapgebreik tot andere ongewenste gesondheidskwessies.

Die formasie van ‘n volwasse oog is hoogs instaat om UV-strale uit te blokkeer en te verhoed dat dit deurdring na die uiterste ligsensitiewe retina (geleë aan die agterkant van die oë). Ongelukkig is dit nie dieselfde met blou lig nie. Alle blou lig beweeg deur die kornea en lens. Dit bereik dan daardie hoogs sensitiewe retina en verminder visuele kontras wat lei tot verdere oogspanning.

Hoe help ons jou?

Gebruik jy vir ‘n meer as ‘n paar uur per dag jou selfoon, rekenaar of kyk jy graag televevisie? Die moderne individueel spander ‘n geheel van ses ure per dag gekonnekteer aan ‘n digitale toestel.

By Bril maak ons gebruik van Carl Zeiss se Blue Protect lense wat spesifiek ontwerp is, sodat jy jou digitale toestelle kan geniet sonder die skade. Blue Protect lense bevat spesiale filters wat blou lig golwe, en sekere UV-lig, asbsorbeer en verminder. Nie net help dit met die regulering van die Melatonien slaaphormoon nie, maar verlig dit die spanning op jou oë drasties.

Kontak ons gerus vir jou gratis kwotasie op Carl Zeiss Blue Protect lense en verander jou visuele wêreld vandag nog.