No products in the cart.
Bruide en hulle brille
5 Wenke vir bruide wat brille dra op hulle troudag.
Geskryf deur Alon
- Indien jy besluit om kontaklense te dra vir jou troudag, maak seker om jou bril byderhand te hê indien jou kontaklense ‘n irritasie veroorsaak.
- Behandel jou bril soos ‘n stuk juweliersware & maak dit ‘n ‘statement’.
- Indien jy ‘n nuwe bril koop of spesiaal laat maak vir jou troudag maak seker dat dit anti-reflektiese lense het omrede jy nie wil hê dat dit moet reflekteer in fotos nie.
- Onthou om jou bril saam te neem wanneer jy vir jou hare en grimering se proeflopie gaan om te verseker dat dit mekaar komplimenteer op die dag. (Nog ‘n wenk: dra wit wanneer jy vir jou grimering se proeflopie gaan, sodat jy ‘n goeie idee sal hê van hoe jy op die dag sal lyk.)
- Vra vir jou bruidsmeisies om ‘n sakkie met die nodige items naby te hou indien iets fout gaan dat daar ‘n onmiddelike oplossing is. Die sakkie kan bestaan uit items soos: ‘n ekstra stel kontaklense; ‘n lappie om jou bril skoon te maak & grimering om te ‘touch up’ indien jy sonder jou bril fotos wil neem.
Vir nog hulp met jou troudag, kontak Alon xx
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.