HELLO FROM THE FOUNDERS

Welkom by Bril,

Ons deel graag ons storie met julle. So net oor die 4 jaar terug het ek en Natasha, vars van ons wittebrood af, Paarl toe getrek en die grootste avontuur van ons lewe saam aangepak, om Bril te begin.

Ons het voorheen al ‘n paar oogkundige praktyke van die grond af opgebou, maar hierdie was alles nuut. ‘n Nuwe dorp, geen ondersteuning stelsel en geen idee of dit sal werk nie, al wat ons geweet het is dat ons in Paarl wou woon en dat ons verlief was op die omgewing en die mense.

Ons het ons sakkies alles gepak in ‘n klein wit Ford Fiesta en met Just Jinger in die agtergrond die pad aangedurf. Dit was vreemd om op ‘n Sondag laatmiddag in die Paarl se hoofstraat te ry, opsoek na iets om te eet, en meeste van die eetplekke was toe. Welkom in ‘n groot stad met ‘n klein dorpie gevoel.

Ons droom was, en is steeds, om Bril die gelukkigste oogkundige praktyke te maak. In die tydskrif sal jy meer leer oor ons #geelinspiraise, ons “Happiness Spreaders” en wat ons bloed so geel maak.

Ons glo in goeie diens en natuurlik ook dat daar koffie in die kan moet wees. By Bril is daar altyd ‘n lekker ‘vibe’.

Ons missie by Bril is eenvoudig, maar as jy elke deel mooi uitmekaar trek, is dit die bloudruk waarvanaf ons werk. Ons missie is om jou beter te laat voel, sien en lyk. punt.

Beter te laat sien deur die beste oogtoetse en lense beskikbaar.
Beter te laat lyk deur die mooiste en mees unieke rame van oor die wêreld.
Beter te laat voel deur…wel jy sal self dit moet kom ervaar by ons.

Ja ons weet ons gaan dit nou en dan nie 100% regkry nie, maar weet net dat ons altyd ons beste probeer en alles in ons vermoë doen om ‘n glimlag op almal se gesig te los wat met, en vir ons werk.

As jy hierdie lees, beteken dit dat jy reeds ‘n vriend van Bril is, en ek en Natasha wil net dankie sê vir die ondersteuning en dat julle in ons glo en wat ons probeer doen.

Mag Bril net sterker word, en meer HAPPINESS SPREAD

Werner & Natasha

meet the founders

Werner Fourie

Founder & Optometrist

Natasha Fourie

Group Manager

Bekker Blaf

Pepe