Lig, ligter, ligste

Elkeen se oë verskil van mekaar, maar die oplettendste is die kleur van elkeen se oë. Blou, bruin, groen, grys of sommer ‘n mengsel van twee…elkeen se oë is uniek, maar maak die kleur van jou iris rerig ‘n verskil? Inderdaad!

Kom ons KYK bietjie dieper

Ligter kleur oë soos blou, groen en grys is aansienlik meer ligsensitief weens die verlaadge pigmentasie in die iris. Die iris is die kleur gedeelte binne jou oog wat die pupil omsingel. Diegene met donkerder oë ( soos bruin) het meer pigmentasie en is dus instaat om helder refleksies beter te blokeer.

Is jy dalk ligsensitief?

Een van die kenmerkende tekens van ligsensitiwiteit is wanneer jy jou oë op skrefies trek in welbeligte areas. Jy mag dalk voel dat jou oë sukkel om te fokus, droog of geïrriteerd is. Jy sal ook partykeer die behoefte ontwikkel om dit te vryf vir verligting.

Ligsensitiwiteit kan ook kopsere en pynvolle oë veroorsaak.

SIEN beter, doen beter

Daar is verskeie maniere om jou oë ekstra beskerming te bied. Een van die basiese maniere is ‘n goeie kwaliteit sonbril met UV beskermende lense of gepolariseerd. Ons het veskeie styvolle sobril opsies aanlyn asook binne ons Paarl en Stellenbosch praktyke beskikbaar. Daar is ook die opsie om jou voorskrif sonbril lense by ons lab te laat vervaardig. Hierdie dra ‘n jaar waarborg en bied dit 100% UV beskerming. Jy kan ook kies hoe lig of donker jy jou lense se tint wil hê om te pas by jou oë se behoeftes.

Soen die son koebaai en minimilseer jou tyd buite in skerp sonlig. Indien jy wel jouself buite bevind, beskerm jou oë deur ‘n hoed/ pet te dra in kombinasie met jou stylvolle Bril sonbril.

Werk jy naby ‘n venster of bestuur jy baie? Venster tints is ‘n hoë aanbeveling aangesien dit baie skerp refleksies dra. ‘n Tint sal help om refleksies te minimaliseer en help jou oë ontspan.

Wanneer om jou Oogkundige te sien

Indien jy ligsensitiwiteit ervaar en die bogenoemde probeer het sonder verligting, kontak ons gerus om Werner, ons bril’jante oogkundige, te spreek.

KOM KYK GERUS NA ONS SONBRILLE

https://www.brilonline.co.za/product-category/sunglasses/