KETUT & SY STORIE

Ons BRIL BOKSIE …

Die naam “Ketut” is afkomstig van Bali (ons is mal oor Bali 🌴) en is die naam wat hulle gee vir hulle vierde kind. Ons het hom jammer gekry omdat hy net drie wiele het, toe gee ons hom maar ‘n naam wat iets van 4 simboliseer. Hy is gemaak van staal, goed gebou en drink nie baie nie. 😊

Hoe werk dinge dan nou eintlik in Bali?

Eerste kind: Wayan, Putu, of Gede
Tweede kind: Made, Kadek of Nengah
Derde kind: Nyoman of Komang
Vierde kind: Ketut

Die 5de kind sal weer Wayan genoem word & soms sal die naam Balik agteraan kom wat “weer” beteken. 

En daar is ons geskiedenis klas nou ook verby, volgende keer as jy in die Paarl is & vir Ketut sien, daag ons jou uit om ‘n foto by hom te neem. 💛

Close

Sign in

Close

Cart (0)

Cart is empty No products in the cart.





Close