MEET CHARLOTTE

Verwelkom die Zeiss visufit 1000, of dalk beter bekend aan julle as CHARLOTTE!

Sy is ‘n lid van die Bril familie en is hier om jou te help. Sy kom kuier vir so paar weke by julle, so maak seker jy kom maak ‘n draai vir jou oogtoets waar sy jou kan help die perfekte raam uitkies.

Charlotte het 9 kameras en ons gebruik haar om ‘n 180 grade foto van ‘n kliënt se gesig te neem. Sy skep ‘avatars’ van die kliënt se gesig (WOW!) wat help om rame wat nie noodwendig in ons praktyke is nie, aan te pas. Sy gee ook aanbevelings van watter rame die beste by ‘n kliënt se gesig pas. Hierdie noem ons die “VIRTUAL TRY ON”. Kliënte kan dus rame aanpas en ons kan die mees akkuraatste afmetings neem wat nodig is om die perfekte bril te kies en te bestel. Die avatars word gestoor vir toekomstige gebruik.

Charlotte en haar 9 kameras help ons om die beste moontlike diens te lewer en ons kliënte gelukkig te maak. Dit is natuurlik waaroor dit vir ons gaan.