Brille is vir almal!

Somer 2019 raam modes

Alhoewel baie van ons ‘n bril moet dra om te kan sien, is dit deesdae ook een van die beste maniere om jou persoonlikheid uit te beeld. Hier volg die raam tendense vir Somer 2019

Aardse kleur raam

Die is een van die mees gewildste tendense vir die seisoen, vir beide mans en vroue.

Of jy nou ‘n subtiele voorkoms wil skep of ‘n indruk wil maak, die neutrale rame sal die werk aanneem.

Hierdie ryk, neutrale kleure pas goed by alles en is idiaal vir elke seisoen.

 

Skilpaddop

Die klassieke skilpaddop motief bly steeds ‘n gewilde keuse, maar vir die seisoen is dit ‘n bietjie opgekikker. Speel bietjie rond met die verskillende kleure en vorms waarin dit nou beskikbaar is.

‘n Gewilde tendens vir die skilpaddop rame is ‘n donkerder kleur bo, wat in ‘n ligter kleur aan die onderkant versmelt.

So hoe kan jy besluit watse raam die beste sal pas? Eerste stap sal wees om te kyk watse kleur raam die beste by jou gelaats kleur pas.

 

Metaal rame

Goud, silver en roosgoue rame skep ‘n professionele en tydlose gevoel. Met metaal rame kan mens lekker speel met verskillende vorms bv rond of oorgroot.

 

Rooi rame

Die gesegde, “hoe rooier hoe mooier,” is definitief nog van pas. Die kleur is kragtig en opwindend en maak ‘n stelling. Dit komplimenteer ook byna alle velkleure. As jy rooi dra, maak dit ‘n vrymoedige stelling dat die draer in beheer en vol opgewondenheid is.

 

Pastel Pienk raam

Met “Pantone” wat die kleur van die jaar is, is dit so gepas dat die pienk raam sy verskyning maak.

Dra die pink raam saam met neutrale kleure om fokus te hou op die raam.

 

 

Kontak ons gerys indien jy meer wil weer oor ons wonderlike oogtoetse of nuwe bril’reekse wat ons dra.

info@hellobril.co.za